Sunday, 12 October 2014

Reflektiewe skryfstuk

Die ‘’blogging’’ proses was ‘n moeilike, maar opwindende taak. Toe ek eers hoor die klas moes ‘n ‘’blog’’ skep, was ek baie skrikerig; ek het nog nooit so iets probeer nie. Gedurende die les was my senuwees in flenters, want ek het heeltyd oor die opdrag gedink. Na klas het ek en my vriendin oor temas gepraat, sodat ons dadelik met die blog kon begin; dis toe ek besluit om oor die akwarium te skryf.

Ek en my vriendin Amanda 
Die akwarium
 By die huis het ek die ‘’blogging’’ proses begin; ek het bietjie rond gespeel om die regte sjabloon te kies, sodat my ‘’blog’’ ‘n ‘’onder die see’’ atmosfeer geskep het. 



Onder die see


Ek was tevrede met die voorkoms van my blog, maar daar was nog die stresvolle uitdaging om elke week ‘n skryfstuk op my blog te laai. Ek het my skryfstukke voor die tyd voorberei, omdat ek dit vir my vriend en familie gegee het om einge foute reg te maak-  somtyds het hulle vir my uitgelag. Na al die gesukkel, is ek uiteindelik by die laaste ruk van my ‘’blogging’’. Dit was ‘n goeie geleentheid wat ek nooit sal vergeet nie.

En sjoe, Jeffrou was streng as ons fouteer het- haha

Borrel, borrel- Dankie dat U tyd afgestaan het, om my ‘’blog’’ te lees.





Sunday, 5 October 2014

Verhalende skryfstuk

Twee jaar gelede het my droom waar geword, want ek het die geleentheid gehad om die Akwarium te besoek. Op ‘n warm Saterdag oggend, het ek besluit om die Kaap rooi te verf- rooi is nie my kleur nie, maar so gaan die gesegde. Dit was om elf uur toe ek en my maat ry. Die V&A Akwarium was ons eind-bestemming.

Die akwarium bord

Die eerste hindernis was om te betaal, want die kassier het baie lank gemaak, dat ek stadig my geduld begin verloor het en wou net by die Akwarium in stap. Toe ons uiteindelik in stap, was ek soos ‘n kind in ‘n lekker winkel. Ek het fotos van die visse geneem en het inligting omtrent hulle op die bord gelees.

Inligting oor verskillende visse

 Ek was baie tevrede en opgewonde; daar was net een probleem, dat ek my motorfiets valhelm in my hand moes dra, omdat my maat nog daardie tyd motorfiets gery het. Ons het deur donker kamers geloop, met enorme vis tenke. Toe ons by die pikkewyne kom, was ek hipnotiseer deur hul oulike gesigte, dat ek dadelik my selfoon wou gryp om ‘n foto van hulle te neem.

Die pikkewyne
Ek en my motorfiets valhelm
 Ek het oorhaastig my selfoon uit my sak gehaal en met die gevolg het my selfoon in die stroompie water beland, tussen die muur vol plante en die sypad waarop die mense loop. Dit was nou al wat ek nodig gehad het, ‘n nat foon en ‘n motorfiets valhelm wat ek heeldag moes rond dra. Op daardie oomblik was ek raadop. Ek het baie diep asem gehaal en ek het "kwaai-kwaai" aan beweeg. Ek wou net die dag geniet, maar die dag was ‘n groot fiasko.


Somtyds gaan dinge nie volgens plan nie.