Sunday, 12 October 2014

Reflektiewe skryfstuk

Die ‘’blogging’’ proses was ‘n moeilike, maar opwindende taak. Toe ek eers hoor die klas moes ‘n ‘’blog’’ skep, was ek baie skrikerig; ek het nog nooit so iets probeer nie. Gedurende die les was my senuwees in flenters, want ek het heeltyd oor die opdrag gedink. Na klas het ek en my vriendin oor temas gepraat, sodat ons dadelik met die blog kon begin; dis toe ek besluit om oor die akwarium te skryf.

Ek en my vriendin Amanda 
Die akwarium
 By die huis het ek die ‘’blogging’’ proses begin; ek het bietjie rond gespeel om die regte sjabloon te kies, sodat my ‘’blog’’ ‘n ‘’onder die see’’ atmosfeer geskep het. 



Onder die see


Ek was tevrede met die voorkoms van my blog, maar daar was nog die stresvolle uitdaging om elke week ‘n skryfstuk op my blog te laai. Ek het my skryfstukke voor die tyd voorberei, omdat ek dit vir my vriend en familie gegee het om einge foute reg te maak-  somtyds het hulle vir my uitgelag. Na al die gesukkel, is ek uiteindelik by die laaste ruk van my ‘’blogging’’. Dit was ‘n goeie geleentheid wat ek nooit sal vergeet nie.

En sjoe, Jeffrou was streng as ons fouteer het- haha

Borrel, borrel- Dankie dat U tyd afgestaan het, om my ‘’blog’’ te lees.





1 comment:

  1. :-) Jy sal eendag sien dat dit maar die enigeste manier is waarop jou studente werklik iets leer! Jou "blog" was regtig baie oulik, ek het dit vreeslik geniet om elke week te lees wat jy geskryf het. Jou Afrikaans is goed! Baie dankie vir die moeite en baie sterkte met die eksamen!

    ReplyDelete