Sunday, 28 September 2014

Beskrywende skryfstuk


Borrel, borrel- Die akwarium is majestueus, iets besonders en as jy met die visse wil swem, kan jy.

Duiker


Die akwarium spog, kleurvolle visse met sprankelende skubbe, wat soos sterre in die nag flikker, in enorme tenke met groen slymerigge seegras en mondjies wat oop en toe gaan asof hulle met jou praat. As hulle verby swem, is dit soos kersfees liggies wat skyn.



Kleurvolle visse

In die swembad is daar die oulikste klein en fyn skepsels wat in die see bly- seesterre en see-egels, as jy aan hul vel raak, kry  jy hoendervleis, maar wanneer jy hulle terug in die water sit, kan jy sien hulle is tuis- dis asof hulle menslike voete kry en  hardloop vinnig om aan die eerste rots vas te sit, net soos ‘n pas gebore baba aan hul ma klou so sit see skepsels aan die rotse vas.

See skepsels
By die roofdier tenk, kyk jy hoe die haaie met skerp kners tande en koue,“ek soek my volgende slagoffer'' ogies na jou kyk. Hulle lyk onvriendelik, maar as hulle swem, dis asof hulle balletdans onder die water doen, sonder inspanning.

'n Haai

Ons seelewe is beeldskoon en op uitstalling by die Two Oceans Akwarium- gaan kyk gerus. 

Hou aan swem tot volgende keer, “borrel, borrel’’.

Ons seelewe



Sunday, 21 September 2014

Persoonlike skryfstuk

''Borrel borrel'' Welkom by hierdie blog - Onder die see by die V&A Akwarium,
My naam is  Michaela Nadine Williams en  as ‘n  visser se dogter,  was ek altyd baie nuuskierig oor die see en wat in die see woon.

Die Akwarium

Ek het die akwarium besoek en was gevang deur al die visse, seegras en see diere wat ons, in ons see kry. Ek is opgewonde om oor die Two Oceans Akwarium, bekend as die V&A Akwarium te kan praat en oor wat daar te sien is.


Roofdier tenk

 Dit is ‘n plesier vir my om oor die akwarium te kan skryf want, vir my is die see en see lewe boeiend. Ek is gek oor die natuur veral oor die see lewe, as ek kans kry, kyk ek National Geographic,

Diere televisie program
so ek het kennis oor die see en ervaring omdat ek by ons akwarium al gekuier het en ek het groot geword met ‘n pa wat vis gevang en hy het by die see groot geword.  Dis ‘n wonderlike geleentheid om oor die akwarium te kan skryf . 

My pa - die visser

Dis my blog, hou aan swem tot volgende keer ‘’borrel, borrel’’