Sunday, 28 September 2014

Beskrywende skryfstuk


Borrel, borrel- Die akwarium is majestueus, iets besonders en as jy met die visse wil swem, kan jy.

Duiker


Die akwarium spog, kleurvolle visse met sprankelende skubbe, wat soos sterre in die nag flikker, in enorme tenke met groen slymerigge seegras en mondjies wat oop en toe gaan asof hulle met jou praat. As hulle verby swem, is dit soos kersfees liggies wat skyn.



Kleurvolle visse

In die swembad is daar die oulikste klein en fyn skepsels wat in die see bly- seesterre en see-egels, as jy aan hul vel raak, kry  jy hoendervleis, maar wanneer jy hulle terug in die water sit, kan jy sien hulle is tuis- dis asof hulle menslike voete kry en  hardloop vinnig om aan die eerste rots vas te sit, net soos ‘n pas gebore baba aan hul ma klou so sit see skepsels aan die rotse vas.

See skepsels
By die roofdier tenk, kyk jy hoe die haaie met skerp kners tande en koue,“ek soek my volgende slagoffer'' ogies na jou kyk. Hulle lyk onvriendelik, maar as hulle swem, dis asof hulle balletdans onder die water doen, sonder inspanning.

'n Haai

Ons seelewe is beeldskoon en op uitstalling by die Two Oceans Akwarium- gaan kyk gerus. 

Hou aan swem tot volgende keer, “borrel, borrel’’.

Ons seelewe



3 comments:

  1. Let asb. op die volgende:

    1. as jy met die visse wil swem, - as jy saam met die visse...
    2. Die akwarium spog, kleurvolle - Die akwarium spog met kleurvolle
    3. slymerigge - slymerige
    4. see-egels - see-engele

    ReplyDelete
  2. Die woord waarna jy gesoek het is "seekastaiing" uitgespreek: see-kas-tai-ing

    ReplyDelete