Die ‘’blogging’’ proses was ‘n moeilike, maar
opwindende taak. Toe ek eers hoor die klas moes ‘n ‘’blog’’ skep, was ek baie
skrikerig; ek het nog nooit so iets probeer nie. Gedurende die les was my
senuwees in flenters, want ek het heeltyd oor die opdrag gedink. Na klas het ek
en my vriendin oor temas gepraat, sodat ons dadelik met die blog kon begin; dis
toe ek besluit om oor die akwarium te skryf.
Ek en my vriendin Amanda |
Die akwarium |
By die huis
het ek die ‘’blogging’’ proses begin; ek het bietjie rond gespeel om die regte
sjabloon te kies, sodat my ‘’blog’’ ‘n ‘’onder die see’’ atmosfeer geskep het.
Onder die see |
Ek was tevrede met die voorkoms van my blog, maar
daar was nog die stresvolle uitdaging om elke week ‘n skryfstuk op my blog te
laai. Ek het my skryfstukke voor die tyd voorberei, omdat ek dit vir my vriend
en familie gegee het om einge foute reg te maak- somtyds het hulle vir my uitgelag. Na al die
gesukkel, is ek uiteindelik by die laaste ruk van my ‘’blogging’’. Dit was ‘n goeie geleentheid wat ek nooit sal vergeet nie.
En sjoe, Jeffrou was streng as ons fouteer het-
haha
Borrel, borrel- Dankie dat U tyd afgestaan het, om
my ‘’blog’’ te lees.